APT Practitioners - APT Group

Call Directions Website

APT Practitioners - APT Group Accounting, Payroll and Tax support for individuals and growing businesses.
(1)

Nuwe besigheid? Baie geluk. 🎉SARS wil ook kennis maak.Die logo is reg.Die Instagram page is live.Die eerste client het b...
26/10/2026

Nuwe besigheid? Baie geluk. 🎉
SARS wil ook kennis maak.

Die logo is reg.
Die Instagram page is live.
Die eerste client het betaal.

En toe kom die minder lekker deel:
belasting, boekhouding, registrasies en payroll. 😅

Moenie wag tot SARS eerste hallo sê nie.

Begin jou besigheid reg, verstaan jou verpligtinge van dag een af en laat APT help met die goed wat niemand op die “entrepreneur aesthetic” reels wys nie.

Jy bou die besigheid. Ons help sorg die admin bou nie terug nie.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

Ons span groei 🌿APT Practitioners is op soek na ’n Junior Boekhouer / Rekeningkunde-, Payroll- en Belastingadministrateu...
22/10/2026

Ons span groei 🌿

APT Practitioners is op soek na ’n Junior Boekhouer / Rekeningkunde-, Payroll- en Belastingadministrateur om by ons span aan te sluit.

Ons soek iemand wat akkuraat werk, verantwoordelikheid neem en gemaklik is met boekhouding, payroll, SARS eFiling en kliënte-administrasie.

📩 Stuur jou CV en salarisverwagting na:
[email protected]

Ken jy iemand wat perfek vir die rol sal wees? Deel gerus hierdie post.

Neem asseblief kennis: Indien jy nie binne 2 weke na jou aansoek van ons hoor nie, kan jy jou aansoek as onsuksesvol beskou.

Waar daar ’n loon is, is daar ’n wet. 😏Payroll klink eenvoudig… tot PAYE, UIF, SDL, EMP201’s, EMP501’s, sperdatums en re...
22/10/2026

Waar daar ’n loon is, is daar ’n wet. 😏

Payroll klink eenvoudig… tot PAYE, UIF, SDL, EMP201’s, EMP501’s, sperdatums en rekonsiliasies begin saam kuier.

Dis hoekom goeie payroll oor meer gaan as net om salarisse betyds te betaal. Dit moet reg bereken, reg verklaar en reg ingedien word.

Jy bestuur jou span.
Ons sorg dat die payroll-kant klop.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

“SARS sê jy kry ’n refund…” 👀Maar het SARS dit rêrig gestuur?SARS waarsku tans teen ’n nuwe vlaag bedrogboodskappe wat p...
20/10/2026

“SARS sê jy kry ’n refund…” 👀
Maar het SARS dit rêrig gestuur?

SARS waarsku tans teen ’n nuwe vlaag bedrogboodskappe wat per SMS en e-pos versprei word. Die boodskap laat dit lyk asof jy ’n belastingterugbetaling moet “claim” en stuur jou dan na ’n bedrieglike webwerf.

Moenie sommer op ’n skakel klik omdat die boodskap professioneel lyk of “SARS” sê nie.

Kontroleer eerder jou belastingstatus deur amptelike SARS-kanale of jou eFiling-profiel.

Twyfel jy? Verify first. Click later.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

23 Oktober kom nader maar is dit jóú belasting-sperdatum?Vir non-provisional individual taxpayers sluit die 2026 Filing ...
14/10/2026

23 Oktober kom nader maar is dit jóú belasting-sperdatum?

Vir non-provisional individual taxpayers sluit die 2026 Filing Season op 23 Oktober 2026.

Provisional taxpayers het langer en kan tot 22 Januarie 2027 indien.

As jy onseker is in watter kategorie jy val, of jou opgawe nog nie afgehandel is nie, moenie wag tot die laaste paar dae om dit uit te sorteer nie.

APT Practitioners kan help om seker te maak jou belastingopgawe word korrek en betyds hanteer.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

Tax compliance gaan oor meer as net om SARS gelukkig te hou.Wanneer returns, registrations en payments op datum is, help...
12/10/2026

Tax compliance gaan oor meer as net om SARS gelukkig te hou.

Wanneer returns, registrations en payments op datum is, help dit om jou besigheid se finansiële administrasie glad te laat verloop en dit verminder die kans dat belangrike geleenthede, aansoeke of prosesse onnodig vertraag word.

Goeie compliance gee jou minder verrassings en meer sekerheid oor waar jou besigheid staan.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

23 Oktober voel nog ver — totdat dit skielik nie meer is nie. 👀As jy ’n nie-voorlopige belastingbetaler is en jy moet no...
08/10/2026

23 Oktober voel nog ver — totdat dit skielik nie meer is nie. 👀

As jy ’n nie-voorlopige belastingbetaler is en jy moet nog jou 2026 belastingopgawe indien, is die SARS-sperdatum 23 Oktober 2026.

Moenie wag tot die laaste paar dae om uit te vind daar kort dokumente, inligting of regstellings nie.

APT Practitioners kan help om seker te maak jou opgawe word korrek en betyds hanteer.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

Jou besigheid is besig, maar kontant voel steeds knap?Dis ’n vraag wat baie besigheidseienaars vra.Om verkope te maak be...
06/10/2026

Jou besigheid is besig, maar kontant voel steeds knap?

Dis ’n vraag wat baie besigheidseienaars vra.

Om verkope te maak beteken nie altyd dat daar genoeg kontant beskikbaar is nie. Debiteure wat laat betaal, BTW-verpligtinge, voorraad, salarisse en timing-verskille kan almal druk op kontantvloei plaas selfs wanneer ’n besigheid op papier goed lyk.

Dis juis hoekom goeie accounting oor meer gaan as net compliance. Dit help jou om die volle prentjie te sien, beter te beplan en vroeër probleme raak te sien.

As jou besigheid besig is, maar die kontant voel steeds onder druk, is dit dalk tyd om nader na die syfers te kyk.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

Nie elke boedel betaal outomaties boedelbelasting nie.Wat uiteindelik saak maak, is die waarde van die boedel ná toepasl...
30/09/2026

Nie elke boedel betaal outomaties boedelbelasting nie.
Wat uiteindelik saak maak, is die waarde van die boedel ná toepaslike aftrekkings en die beskikbare abatement en selfs dan is boedelbelasting net een deel van die belastingprentjie wanneer iemand afsterf.

Inkomstebelasting en kapitaalwinsbelasting kan ook ter sprake kom, afhangend van die omstandighede.

Die doel is nie om SARS te vrees nie. Dit is om vroeg genoeg te beplan sodat die mense wat agterbly nie met onnodige belasting- en administrasiekomplikasies sit nie.

APT Practitioners

Clarity. Compliance. Confidence.

Boedelbeplanning gaan oor meer as net ’n testament.Wanneer iemand afsterf, kan daar steeds belangrike belastinggevolge w...
28/09/2026

Boedelbeplanning gaan oor meer as net ’n testament.

Wanneer iemand afsterf, kan daar steeds belangrike belastinggevolge wees, onder andere rondom inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting en moontlike boedelbelasting.

Hoe vroeër hierdie dinge verstaan en behoorlik beplan word, hoe minder verrassings is daar later vir die eksekuteur en familie.

Moenie wag tot SARS by jou grafsteen kom aanklop nie.
Maak seker jou belasting- en boedelsake is betyds in orde.

APT Practitioners
Clarity. Compliance. Confidence.

Address

657 Besembiesie Road, Montana Park
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27726000430

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when APT Practitioners - APT Group posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category

Nearby accountants