Frontier Insurance Consultants

Frontier Insurance Consultants We provide advice and intermediary services in respect of short-term, investment advice and advice in respect of long term assurance. FSP # 15459

08/04/2014

Vimeo is the home for high-quality videos and the people who love them.

08/11/2013
01/11/2013

UITDAGINGS WAT JOU EKSEKUTEUR IN DIE GESIG STAAR EN HOE JY KAN HELP

Sakepersone is spesiaal. Wanneer jy sterf, kan uitdagings eie aan die aard van jou bates en jou besigheid jou eksekuteur in die gesig staar. Onthou dat jou boedel nie op dieselfde manier gehanteer kan word as die eenvoudige boedel van ʼn afgetrede persoon, wie se hoof inkomste ʼn pensioen is nie.

Om mee te begin, kan die struktuur van jou besigheid sekere uitdagings daarstel. As jy jou besigheid as alleeneienaar bedryf, word alle bates wetlik in jou eie naam gehou. As jy binne gemeenskap van goedere getroud is, besit jou eggenoot wetlik die helfte van die bates van julle gesamentlike boedel. In die praktyk kan dit beteken dat jou eggenoot tot die helfte van jou besigheid kan besit. Selfs al is jy buite gemeenskap van goedere, maar met die aanwasbedeling, getroud, kan dit beteken dat jou eggenoot oor ʼn eis beskik wat die eksekuteur noodgedwonge uit sakebates sal moet dek.

Jy het dalk jou besigheid in ʼn BK of maatskappy gehou en is die lid (of een van die lede), of die aandeelhouer (of een van die aandeelhouers). Indien jy nie die jaarlikse opgawes aan die “Companies and Intellectual Property Commission” (CIPC) besorg het nie, kan jou eksekuteur dalk vind dat die entiteit gederegistreer is. Jou eksekuteur sal dan nie in staat wees om jou lidmaatskap of aandele oor te dra nie. Om dit reg te stel, sal jou eksekuteur daardie opgawes terugwerkend moet indien. Dieselfde sou geld as geouditeerde finansiële state vereis was, of as belastingopgawes agterstallig is. As ʼn rekenmeester aangestel moet word om sodanige sake te hanteer, skep dit ʼn verdere uitgawe wat uit die kontantreserwes van jou boedel betaal sal moet word.

Gewoonlik is daar krediteure wat geld aan jou boedel (of jou maatskappy) skuld en nie almal betaal hulle skuld op aanvraag nie. Die erfgename verwag gewoonlik van die eksekuteur om regstappe in sodanige gevalle in te stel, maar vergeet dat dit kontant benodig om die aanvanklike uitgawes te befonds. Litigasie kan die afhandeling van jou boedel vertraag en kan die kontantreserwes uitput.

As ʼn sakepersoon sou jy talle kontrakte gesluit het, en nie almal sou op skrif wees nie. Hetsy skriftelik of mondeling, kan die interpretasie van kontrakte moeilik wees en jou eksekuteur verstaan dalk nie wat gedoen moet word om jou regte af te dwing, of van jou verpligtinge te onttrek nie. As jy binne gemeenskap van goedere getroud is, bied die Wet op Huweliksgoedere ʼn vrystelling van die vereiste van gesamentlike toestemming, op voorwaarde dat die kontrak in die normale verloop van sake aangegaan is. ʼn Kontrak om jou sakebelange na jou dood aan jou vennote te verkoop, sal nie hierdie vrystelling geniet nie en kan deur ʼn oorlewende eggenoot teengestaan word. Net om seker te maak dat ʼn koop-en-verkoop-ooreenkoms behoorlik uitgevoer word, kan baie ekstra werk vereis, veral as die versekerde bedrag wesenlik verskil van die ware markwaarde van jou sakebelange. ʼn Waardeerder kan dalk aangestel en vir sy/haar dienste betaal moet word.

Jy het dalk persoonlik borg vir die skuld van jou besigheid geteken en as die skuld nie deur jou vennote betaal of oorgeneem kan word nie, kan die uitlener ʼn eis teen jou boedel instel. Dit kan tot ʼn gedwonge verkoop van bates, insluitende sakebates, lei.

Die belangrikste uitdaging wat jou eksekuteur egter in die gesig staar, is wanneer daar geen geldige koop-en-verkoop-ooreenkoms bestaan nie. Jou eksekuteur is verplig om die bates in jou boedel te bewaar en moet die volhoubaarheid van jou besigheid ondersoek. Tensy jy ʼn opvolgingsplan in plek het, kan jou eksekuteur dalk verplig wees om jou besigheid aan jou vennote (indien hulle dit in die afwesigheid van ʼn koop-en-verkoop-ooreenkoms kan bekostig), of op die oop mark te verkoop. Aangesien 65% van die bestorwe boedels wat geadministreer word ʼn kontanttekort ervaar, is dit beslis in jou belang en die belang van jou erfgename om omvattende boedelbeplanning te doen, ten einde die vrugte van jou harde werk oor baie jare te bewaar.

17/10/2013
Insuring against the cost of cancer!
16/10/2013

Insuring against the cost of cancer!

07/10/2013

INCOME PROTECTION PART 1
ASSESSING YOUR NEEDS

Insurance is one of the ultimate grudge purchases
because we tend to look at life through rose-tinted
lenses. We are utterly surprised when we
or someone we know is robbed or involved in an
accident, although these are daily occurrences.
By the same token, we often skimp on insurance
because we simply believe that the worst cannot
happen to us.
While it is true that there is a confusing deluge of
insurance products out there, some of which are not
very beneficial at all, few forms of insurance are as
vital as income protection and yet it is the one that
is most often neglected. Losing property to theft or
fire, or realising that you have not put away enough
money for retirement are all pretty distressing
experiences, but if you work hard and smart, you
can still recover from them over your working life. If
your ability to generate income is severely impaired
due to an accident or physical condition, however,
you will be in deep trouble in the absence of income
protection insurance.
Not being able to provide an income for yourself
or your dependants is a scary situation to be in and
given the relatively cheap price tag associated with
income protection insurance, the question should
not be whether you should have it, but rather how
you should go about getting the insurance that best
suits you.
The best place to start is to sit with a financial
advisor and do a financial needs analysis.
Being over or under-insured could have serious
consequences. Under insurance means that you
and your family will suffer a shortfall if you should
become incapacitated, while over insurance means
that you are losing money that you could invest
better elsewhere.
If you are a paid employee, assessing your needs
is reasonably straightforward. However, if you are
a business owner, several more variables come
into play and often additional cover, known as an
overhead expense benefit, also has to be taken out.

05/10/2013

BEWARE OF FENDER-BENDER FRIDAYS
If ever there was a day to wear your good knickers in case of an accident, Friday is that day.
According to statistics from South Africa’s largest short-term insurer Santam, you’re more likely to be in a fender bender on a Friday than any other day of the week. Santam further warns consumers that driving without a license, under the influence of alcohol or with a license that has expired will affect a claim.
The aim of Santam’s Be Safe Out There campaign, which it has been running this week, is to show consumers how small changes in their daily behaviour can play a big role in keeping them and their possessions safe and avoid unwanted accidents and damage.
Tips for staying safe on fender-bender Friday:
TIP #1
Check your tyre tread, pay attention to the road, look out for road signs; don’t drink and drive; don’t use your cell phone while driving.
TIP #2
If you can’t see the driver’s face on the truck’s side mirror, they probably can’t see you. Keep a safe following distance at all times.
TIP #3
Saving your eardrums could also save your life. A new study has found that listening to loud music in a car increases your chances of being involved in an accident. Keep the volume low.
TIP #4
Check your blind spot: don’t rely only on your peripheral vision. Always look both ways before you enter an intersection, even if the robot is green and gives you right of way.
TIP #5
Be mindful of approaching emergency vehicles and give way to them if you see emergency lights.
TIP #6
Stay alert, if you are tired, rest or get a friend or partner to pick you up.
TIP #7
Always wear your seatbelt as it lessens impact of any accident and can save your life.
TIP #8
Always ensure that children are properly fastened in child-seats or with a seatbelt. Never allow them to sit on a passenger’s lap, even if both are fastened with the seatbelt.

31/07/2013

MITES AANGAANDE TESTAMENTE EN BOEDELS

Daar is ‘n hele aantal mites soos dat jou netto bates die Staat toeval indien ‘n mens sonder ‘n geldige testament sterf (wat slegs in heel uitsonderlike gevalle kan gebeur). Dit is onwaar dat ‘n erfenis ‘n reg en ‘n mondelingse belofte van ‘n erflating geldig is. Hier volg nog enkeles:

• Is voorskrifte en bepalings in 'n testament beperk?

Beslis. Jy kan byvoorbeeld nie in jou testament wette, regulasies en reëls kragteloos maak of voorskriftelik daaroor wees nie. Nog minder kan jy bepalings maak wat immoreel (teen die goeie sedes) is deur byvoorbeeld jou seun se erfenis onderhewig te maak aan die voorwaarde dat hy van sy vrou moet skei alvorens hy kan erf. Jy kan ook nie 'n ouer voogskap ontneem nie.

• Kan ‘n testament ook dien as ‘n kontrak of ooreenkoms?

Nee. Dit is twee verskillende dokumente. ‘n Kontrak is ‘n ooreenkoms tussen twee of meer persone.

• Is dit ‘n eksekuteur se plig om begrafnisreëlings te tref?

Nee. Maar indien hy dit doen, doen hy dit in sy persoonlike hoedanigheid. Slegs begrafniskoste (verassing) en grafsteenkoste (nis) is toelaatbare eise teen die boedel. Ander koste soos byvoorbeeld telefoonoproepe, reis- en verversingskoste kan nie geëis word nie tensy in die testament gemagtig.

• Verval tekenmagte en volmagte by afsterwe?

Ja. Slegs die eksekuteur, nadat hy deur die Meester aangestel is, is gemagtig om byvoorbeeld fondse te onttrek en dokumente te onderteken.

• Staak rente op beleggings en skuld by afsterwe?

Nee. Rente op jou spaarrekening en beleggings staak eers by onttrekking. Rente op skuld, soos byvoorbeeld verbande en huurkope, staak eers wanneer die skuld ten volle afgelos is. Andersyds kan skuldeisers nie rente hef indien geen rente voor die afsterwe van die skuldenaar gehef is nie (of hulle nie

daarop geregtig was nie) en moet hulle vir betaling wag totdat die eksekuteur in staat en by magte is om dit te doen.

• Verval kontrakte en regsgedinge by afsterwe?

Gewoonlik nie, maar soms wel. Die eksekuteur moet kontrakte wat die oorledene aangegaan het, soos byvoorbeeld koop of verkoop van eiendom en huurkontrakte, eerbiedig tensy dit bepalings bevat wat lui dat die ooreenkoms by afsterwe verval. Die meeste regsgedinge en hofsake gaan voort, maar sake soos byvoorbeeld 'n aanklag van dronkbestuur verval outomaties.

• Is dit so dat hoe langer dit neem om 'n boedel af te handel, hoe meer is die eksekuteursvergoeding?
Nee. Daar is slegs een tarief en nie verskillende tariewe vir maklike of moeilike boedels nie.

• Word alle bates sonder enige rede deur die eksekuteur verkoop?

Nee. Hy verkoop slegs wat nodig is om eise te betaal of soos testamentêr bepaal of op versoek van 'n erfgenaam. Oordraagbare bates word oorgedra tensy daar ‘n beperking is, soos byvoorbeeld ingevolge die Wet op Onderverdeling van Landbougrond.
https://www.facebook.com/FrontierIns

31/07/2013

ABSOLUTE GEMOEDSRUS, GEEN BYBETALING, GEEN MOEITE, GEEN “CALL CENTRE”, & GEEN GESUKKEL, DIREKTE PERSOONLIKE DIENS MET ONS AANLYN STELSEL & BEKOSTIGBARE BATE VERSEKERING.

Ons hanteer alle administrasie (polisuitreking, endossemente eise ens) direk uit ons kantoor in die moot. Beste moot vriend gun ons asseblief die geleentheid om aan jou, `N SONDER ENIGE VERPLIGTING, kwotasie te gee.
Chris Brink, 012 329 3922, 082 444 5036, [email protected]
https://www.facebook.com/FrontierIns
https://www.facebook.com/financial.intermediaries.association

We provide advice and intermediary services in respect of short-term, investment advice and advice in respect of long term assurance.
FSP # 15459

06/07/2013

https://www.facebook.com/FrontierIns

Bekyk dié lewenspolis maar van alle kante
Nuwe Outsurance-polis het talle nadele

HELENA WASSERMAN
Vrydag 05 Julie 2013
Grahamstad. – “Dis gratis versekering!” sê die Outsurance-verkoopsman aan die ander kant van die telefoon. En dié groep se nuwe produk, wat tans wyd geadverteer word, klínk goed.
As jy lewensversekering by Outsurance uitneem, word al jou premies ná 15 jaar in kontant aan jou terugbetaal indien jy nie eis nie. Daar is geen mediese ondersoek nie.
Die volle voordeel word aan jou uitbetaal as jy met ’n terminale siekte gediagnoseer word of deur ’n permanente liggaamlike gestremdheid (soos die verlies van ’n ledemaat) getref word. As nie-terminale kanker by jou gediagnoseer word, kry jy dadelik 10% van die voordeel.
Elke jaar styg jou premies outomaties met 6% en die voordeel wat uitbetaal word, styg met 4%.
Dus: As jy sterf of siek word, kry jy ’n uitbetaling. En as die noodlot jou nié tref nie, kry jy ’n uitbetaling – al die premies wat jy 15 jaar lank inbetaal het. Nie sleg nie?
Hokaai.
Outsurance sal nie binne die eerste jaar die volle bedrag sal uitbetaal as jy sterf nie. Jy kan ook nie enige gesondheidsverwante eise indien in die eerste ses maande nie.
Vir lewensdekking van R500 000 sal ’n nie-rokende 40-jarige in die omgewing van R484 ’n maand vir Outsurance se Essential Life-polis betaal. ’n Soortgelyke polis van ’n mededinger soos Altrisk gaan jou egter slegs R110 kos – R374 minder as die Outsurance-polis, sê Greg Sneddon,’n geregistreerde finansiële beplanner van The Financial Coach in Kaapstad.
Sneddon bereken dat die Outsurance-polishouer kan verwag om ná 15 jaar R134 000 terug te kry – mits daar geen eise is nie. As jy sou besluit om eerder die goedkoper polis vir R110 te koop, en die verskil (R374) in ’n gebalanseerde fonds belê (teen ’n reële groeikoers van 5% per jaar), sal jy ná 15 jaar R211 000 hê. Én jy kon in daardie tyd eis.
Maar Ernst Gouws, hoof van Outsurance, sê die produkte kan nie vergelyk word nie. Hy sê polisse van versekeraars soos Liberty, Old Mutual en Sanlam sal noodwendig goedkoper wees, want die persoon moet eers ’n rits mediese toetse aflê.
Die Outsurance Essential Life-produk is nader aan kredietlewensdekking – daar word slegs enkele vrae gevra en geen mediese toetse nie. Dit is heeltemal ’n ander mark, sê Gouws. Outsurance het ook ’n ander lewensversekeringsproduk wat goedkoper is.
Sneddon sê egter ook dat die oorgrote meerderheid van polishouers nie 15 jaar lank ’n polis hou nie. Volgens hom het Suid-Afrikaners ’n paar jaar gelede slegs vir gemiddeld sewe jaar dieselfde lewenspolis gehou. “Die kans dat jy dieselfde polis 15 jaar lank gaan hê, is bitter klein.”
Lucienne Fild, ’n woordvoerder van die vereniging vir spaar en belegging in Suid-Afrika (Asisa), sê daar is nie tans syfers beskikbaar oor hoe lank ’n polishouer gemiddeld ’n lewenspolis hou nie.
Syfers van Asisa wys egter dat meer as 6,5 miljoen polisse in 2012 gestaak is. Meer as 3,77 miljoen van dié polisse is binne die eerste jaar gestaak. Daar was ook ’n skerp styging (16%) in die aantal polisse wat gestaak is.
Gouws sê die Outsurance-produk wil juis dié probleem oplos. Daar is sommige makelaars wat kliënte aanmoedig om hul polis elke jaar te verander sodat hulle kommissie kan verdien, sê hy. (Die kommissie word in die eerste paar jaar uitbetaal.) Outsurance bied juis ’n aansporing sodat mense lank bly – “en teen ongelooflik goeie waarde”, volgens Gouws.
Een van die ander redes waarom polisse egter gestaak word, is dat hulle met nuwe, goedkoper produkte vervang word.
“Met gevorderde mediese tegnologie, leef mense ál langer. Versekeraars en aktuarisse pas hul risikotabelle gedurig aan. Versekering word goedkoper en nuwe produkte word bekend gestel,” sê Nick Dekker, ’n finansiële beplanner van Ultima Finansiële Beplanners in Pretoria.
“Dié nuwe Outsurance-produk is byvoorbeeld goedkoper as hul eie oorspronklike een wat maar ’n paar jaar oud is – die telefoonkonsultant het dit bevestig sonder dat ek die inligting gevra het.”
Gouws waarsku egter dat polisse nie noodwendig goedkoper word nie. As jy op 50-jarige ouderdom om ’n lewenspolis aansoek doen, is die risiko groter en gaan die premies hoër wees as op 40.
Nog iets waardeur Sneddon nie beïndruk is nie, is dat Outsurance nie binne die eerste jaar die volle bedrag sal uitbetaal as jy sterf nie. “Met ’n normale lewenspolis word jy dadelik gedek.”
Jy kan ook nie enige gesondheidsverwante eise indien in die eerste ses maande nie. “Dit lyk vir my al wat Outsurance Life gedoen het, is om ’n baie ou manier van lewensversekering – die universele lewenspolis of die uitkeerpolis met dekking – te neem en weer nuut op te dis. Ek sou nie daaraan raak nie,” sê Sneddon.
As jy besluit om deur ’n adviseur lewensversekering te koop, het jy toegang tot advies – ook oor ander aspekte van jou finansies, sê Dekker. Outsurance is ’n regstreekse versekeraar.

We provide advice and intermediary services in respect of short-term, investment advice and advice in respect of long term assurance.
FSP # 15459

Address

285B, 26th Avenue
Villieria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

0123293922

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Frontier Insurance Consultants posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Frontier Insurance Consultants:

Share